Model wenke , riglyne en handleiding vir Model
loopbaan beginners , deur Screenface Model Agentskap:
Het ek die regte model potensiaal ? Watter ander vereistes is daar ?
Is model skool diplomas en sertifikate noodsaaklik ?
Hierdie is algemene vrae.
Eerstens is daar geen geskrewe reëls wie suksesvol
sal wees en wie nie suksesvol in die Mode bedryf sal wees nie. Eerstens
gaan dit oor
ʼn specifieke of sekere beeld( “look”). Verdere basiese
vereistes vir vroulike modelle is – minimum lengte van ongeveer 1.75m(5’9”)
lank en vir mans modelle -
ten minste 1.80m(5’11”)
Daar word ook verwag dat die normale klere grotes
pas aangesien meeste uitrustings baie keer net die voorbeelde is wat
afgeneem word voor die produkte op die rakke beskikbaar is.Goeie vel en
hare word ook vereis. Onsekeres kan ons kom sien : of foto’s stuur
aan :
Posbus 774
Groenpunt. 8051
(Kaapstad)
Tel : (021)
Foto’s van jouself kan aan ons gestuur word: (ingeslote mates: lengte,borsmaat,
middel,heupe,skoen groote,haar en oë kleur)en die foto’s hoef nie
“Professionele” foto’s te wees nie.
Stuur aan:
Renico van Rensburg
Screenface Model
Agentskap
Posbus 774
Groenpunt
8051
e-pos foto’s
:
Dit word ook aanvaar
mits die foto’s in *.jpg format is en nie “groter” as 80kb per
foto is nie.
e-pos aan : info@screenface.co.za
.
MODEL LOOPBAAN BEGIN:
Na aanvaarding deur 'n professionele Model Agent
, is daar heelwat werk en voorbereiding wat gedoen moet
word om jou eerste model werk te bekom. (Eerste bepreeking te verkry as
model)
ʼn Professionele Portefeulje (Model BOEK)
moet bekom word wat behels uit verskeie foto “toets” sessies
waaruit foto’s gekies word vir jou boek.
Hierdie sessies word deur die model betaal en
behels gewoonlik met fotograaf,grimeer
kunstenaar, haar stilis en klere stilis. Somtyds doen een persoon die hare,
grimering en stilering vir die fotograaf.. Geen model hoef te poseer
enigsins waarmee hy/sy ongemaklik voel.
Dit sal in elk geval op die foto's wys & dis 'n mors van foto's.
(jou geld wat jy as model betaal.)
Raad: Kry 'n Kwotasie /prys vooraf & vergelyk dit met ander
pryse indien jy onseker is. Skakel enige Nama Agentskap & hul sal
jou indikasie gee.Wat kos die fotograaf, hare & grimeer kunstenaar
ens. & wat jy daarvoor ky (hoeveel rolle film & foto's
& kaarte ens.).
Die foto's kan jy dan bine twee of 3 dae
later besigtig en saam met jou agent besluit watter om te gebruik
!
Die foto’s word dan later vervang met werk wat
gedoen is vir tydskrifte ens.wat jou skeurbladsye is (uitgeskeur en in
jou boek geplaas)(“tearsheets”)
Elke model moet ook
ʼn Kopie Boek maak wat gebruik word indien die hoof boek
"uitgestuur is" en die model dan 'n ander portefeulje benodig vir
die kliënte.
Ook word ʼn A5 Z-kaart (Set-kaart/Model kaart)
vereis wat saamgestel word uit foto’s van die toets sessies en nuwe werk
wat volg. Meestal een foto op die voorkant en 2 tot 6 kleiner foto's op
die agterkant. Die model kaart word dan gebruik deur jou agentskap om
jou te help “bemark” aan kliënte.
Modelwerk is nie so maklik en altyd glansryk as wat
dit voorkom nie. Modelle moet gemotiveerd, doelgerig en entoesiasties
wees. Dit word van jou verwag om professioneel, stiptelik en
verantwoordelik te wees in alle opsigte van die bedryf.
By SCREENFACE Agentskap is die deure altyd
oop vir ons modelle.
Ons modelle weet hul kan ter enige tyd aanklop met probleme
& vrae.
Hiermee ʼn paar notas om die bedryf beter te
verstaan:
MODEL
WERK WORD VERKRY DEUR :
·
Besit van ʼn goeie Model kaart /z-kaart
·
Bywoning van Oudisies ( “castings”)
·
Kliënte te sien (“Go-sees”)
·
“in-bel/kontak”( "Checking in” ) met jou
agentskap
Modelle will altyd graag weet hoe gou hul sal werk as 'n model ?
Dit verskil van model tot model. Dit moet aanvaar word dat jy nie
onmiddellik sal werk nie. Met ʼn voorlegbare Boek(portfolio) en goeie
Kaart kan jy begin oudisies doen en kliënte sien. Daar is geen
kortpad nie.
So gou as jy gereed is sal jou agent jou begin uitstuur na oudisies en
kliënte. Dit kan dan lei tot jou model besprekings/werk. Waar jy
baie belangrik in die prentjie kom:
Die model agent kan net soveel doen. Wanneer jy voor die kliënt sit, is
jy die enigste een wat die model bespreking kan laat gebeur.
Onthou ook dat jou agent werk op kommissie basis – dus as jy nie werk
het nie het hulle ook geen inkomste nie & daarom sal die agentskap van hul
kant hul bes probeer.
MODEL HANDLEIDING & TERME :
Net 'n kort verduideliking van terme wat in die
algemeen gebruik word:
Hieronder van die mees bekende woorde in die bedryf
wat sal help.
(Die Engelse terme in hakkies aangesien meeste van die internationale
kliënte en bedryf Engels sprekend is.)
Ad (ad)
Afkorting vir advertensie.
Skoonheid
(beauty)
van “skoonheid
skiet” (“beauty
shoot” en verwys na gesig en velsorg foto’s (vol gesig foto’s
ens)en ook soos gebruik word vir voorblad en grimeering foto’s.
Boeker (booker)
Werknemer by model agentskap wat kliënte versoeke hanteer en die
model besprekings doen.
Bespreking (booking)
Indien die model bespreek is vir ʼn spesifieke werk
“skiet”(shoot) het die model ʼn bespreking (booking)
Boek uit (booking
out)
Indien die model haar agent in kennis stel dat hy/sy nie beskikbaar is
vir ʼn skere tydsperiode / anntal dae (dus tydelik van die boeke
“af” )
Riglyn (Brief)
Inligting aan die model deur die agent rakende ʼn model
bespreking. Dit is inlgting
soos kleredrag, wat om saam te neem , ens.
Of
Inligting(riglyne) oor die oudisie – waaroor , kleredrag ,
uitdrukkings vereis ens. vir die spesifieke oudisie. Die inligting word
deur die kliënt aan die agentskap gestuur.
Oudisies (casting)
Kliënte versoek modelle wat aan sekere
vereistes voldoen vir die speifieke werkstuk/advertensie/mode. Die
kliënt hou dan die oudisie. Dit word van die model verwag om alle
oudisies wat aan hul gegee word by te woon en ook die oor een komstig daarvolgens
aan te trek. Die model moet die agentskap ook dadelik in kennis stel indien
die oudisie nie bygewoon kan word nie. Modelle word nie betaal vir
oudisies nie. Jy hoef ook geen fooi te betaal vir oudisies.
Oudisie Regisseur (Casting
director )
Die persoon wat deur die kliënt aangestel is om die oudisies te behartig namens
die kliënt om die beste talent (model,akteur,ens) vir die spesifieke
werkstuk /tv advertensie / film / advertensie te vind.Geen fooi word
deur die model betaal vir die oudisies , en jy word ook nie daarvoor
betaal.
Model Kaart (composite
/ card / flyer /z-card)
Die kaart is A5 grootte en het gewoonlik een foto op die voorkant en
2-6 kleiner foto’s op die agterkant . Dit het ook die model se mates
op en agentskap besonderhede. Die kaarte word aan kliënte gestuur en deur die model na oudisies geneem.
Kontak afdrukke (contact
sheet)
Fotografiese / foto afdruk op een A4 vel
van die negatiewe/skyfies wat
die verkillende foto’s weergee van een rol film.
Tegnies assistente (crew)
Alle persone wat assisteer met ʼn tv/film/still produksie. Sluit
in persone soos die kamera man, belintings tegnikuste ,
grimeer-kuntenaars ens.
Kommissies (commission)
ʼn Kommissie van 20 % word deur die agentskap afgetrek vir alle
werk deur jou gedoen. Jy word dus ʼn “model fooi” per werkstuk
gegee – gekwoteer wat die
agentskap se kommissie insluit en ook die belasting wat van jou afgetrek
moet word vir die SA Ontvanger van Inkomste.
Tydskrif werk (editorial)
ʼn "tydskrif
bespreking " is ʼn mode skiet vir die mode of skoonheids
bladsye van ʼn tydskrif . Dit word eenmalig gebruik in die
spesifieke tydskrif .
Kliënte besoeke
(go-see)
Wanneer die model agentskap afsprake maak met die kliënte om jou as
model te sien vir moontlike werk in die toekoms. Dus om mode
redaktrieses, fotograwe,ens. te besoek.Modelle word nie betaal vir die
besoeke nie (net soos in die geval van oudisies)
Foto Biblioteek foto's (Photo librabry /picture library )
Foto's vir die opneem in foto biblioteke vanwaar kliënte foto's kan
koop
of huur vir tydskrif of advertensie doeleindes.Die model word eenmalig
betaal vir die dag se werk en die gebruiks fooie word deur kliënte aan
die foto biblioteek betaal.
Buitliggings (location)
Indien ʼn model bepreek word om buite
die ateljee omgewing – nie ateljee foto’s te neem. Dus moet die model dikwel by die spesifieke buite
ligging arriveer.
Hoof Boek - Boek 1 - (main book or book 1)
Die model se Boek (portefeulje) met die oorspronklike foto's en werk word in hierdie
portefeulye geplaas. Kopie boeke word dan
gemaak Boek 2
of kopie boek (copy book or book 2)
NAMA
Nasionale Vereniging van Model Agenskappe (National Association for
Modelling Agencies)
Opsies (options)
ʼn Opsie word deur die kliënt op die model geplaas en dit
impliseer dat die spesifieke kliënt eerste reg het om die
model op die opsie dag /dae te gebruik. ʼn Tweede kliënt sal
dus 2de opsie verkry (2de reg vir gebruik) vir die oorvleulende dag/dae.
Opsies is nie finale model besprekings nie.
Op Stel (on
set)
Beteken die gebied waar die
produksie van die film/tv plaasvind(gemaak word)Dus waar die kamera’s
,ligte , ens. is – nie die geografiese gebied nie.
Portefeulje -
Boek (portfolio
/ porti / book)
Dit is verskeie verkose en geselekteerde foto’s in ʼn boek (ook
met die model agentskap se besonderhede op) wat aan die kliënte vertoon
word deur die model en/of die
agent.
Potlood bespreking – Voorlopige bespreking
(pencil booking )
Dit is ʼn voorlopige bespreking van ʼn model vir n betrokke werk
(skiet of mode vertoning) deur die kliënt.
Rom kaart (model
romcard)
Geselekteerde digitale beelde van die model se werk , portefeulje , tv
advertensies ens wat in enige cd-rom aandrywer van die rekenaar pas.
Skoot (take)
Hierdie woord word op stel gebruik waar die model verfilm
word of die opname gedoen word. Die regiseur /kameraman sê : “ this
is going to be a take" beteken dat die repetisies oor is en die
model se volgende bewegings verfilm sal word. Dit kan meer as een keer
gebeur.
Tydelike werkers Belasting
( Paye tax)
Alle modelle betaal belasting en as vryskut model is die norm tans
25% van die model se netto inkomste. (tensy daar aanwysing % toegestaan
word). Die bedrag word van die model se netto model fooi afgetrek en
oorbetaal aan die Ontvanger van Inkomste se kantoor. Dit geld vir almal-
van babas tot die
meerderjariges.
Weer dag (weather day)
Indien die weer sleg is op n bepaalde werksdag/film dag dan word die
bepaalde slegte weer dag gebruik om daardie dag se verfilming te doen.
So n dag word ook vooraf ge opsie deur kliënte
Slegte weer dag (bad weather day)
Indien die weer sleg is op 'n bepaalde werksdag/film dag dan word
die bepaalde slegte weer dag gebruik om daardie dag se verfilming te
doen
Skeur bladsy/e (tearsheet/s)
Sodra die tydskrif met
die model se foto’s op die rak verskyn, kan hul dit bekom , die
bladsye met foto’s word uitgeskeur en in hul portefeulje’s (boek) geplaas om
hul werk te vertoon. Die bladsye word “skeurbladsye” –(tearsheets)
genoem.
Toets (test)
Modelle doen toets sessies vir hul Boek(portefeulje). Dit is
belangrik om toetse te doen sodat kliënte daardeur in die portefeulje
kan sien die werksvermoë en hoe fotogenies die model is. Die model
verkry hiermee ook heelwat
ervaring. Modelle word nie betaal om foto toetse te doen , maar moet
inteendeel die fotograaf betaal
om die toets te doen. Die hare en grimeering moet ook voor betaal word.
Hierdie is net ʼn basiese opsomming van die aspekte bedryf.
Indien meer vrae en inligting : kontak ons gerus by die bogenoemde
adresse.
Ons kan ook geskakel :
Kaapstad (021)
Faks Kaapstad (021)
of e-pos : info@screenface.co.za
Internasionale tel kode(++27 21)
faks kode(++27 21)
Tuisblad
van WebTuiste